Groot handelskou in Durban

Die Suid-Afrikaanse departement van handel sê meer as 80 Suid-Afrikaanse maatskappye sal vandeesmaand hul produkte en dienste by die 2021 Intra-Afrika Handelskou in Durban uitstal. ‘n Woordvoerder van die departement, Bongani Lukhele, sê die skou bied ‘n platform waar internasionale aankopers, verkopers en beleggers kan ontmoet. Dit deel ook markinligting en beleggingsmoontlikhede wat intra-Afrika-handel en ekonomiese integrasie van die vasteland ondersteun.