Groot geleenthede vir SA-skoonheidsektor

Verbruikers-neigings soos die vraag na multikulturele velsorg- en haarversorgingsprodukte, die oopstel van nuwe uitvoermarkte in Afrika en die ontwikkeling van groener produkte, sal help om die skoonheidsmiddel-sektor in Suid-Afrika te bevorder tydens, sowel as na die Covid-19-pandemie. Dit is volgens die uitvoerende hoof van ‘n toonaangewende vervaardiger van persoonlike versorgingsprodukte, KAS Africa, Vinny Perumal. Sy sê die skoonheidsmiddel-sektor begin herstel na die streng inperking verlede jaar, met toonaangewende vervaardigers wat nuwe maniere soek om groei aan te wakker: