Groot eer vir Riaan Eksteen

Die bekende dr. Riaan Eksteen van Suid-Afrika is verkies tot lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Volgens die akademie sal hy verbonde wees aan die kuns en geesteswetenskappe fakulteit. Dr. Eksteen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hy het die posisie aanvaar.