Groot brande oor die naweek

Die brand wat Vrydagmiddag by Brakwater net noord van die hoofstad uitgebreek het, woed steeds, verder noordwes. Volgens berigte is verskeie eiendomme in die gebied in puin gelê. Intussen was daar ook ‘n baie groot veldbrand tussen Outjo en Khorixas wat Sondag ontstaan het. Dit nie bekend in hierdie stadium of die brand onder beheer gebring is nie. Selfoonopvangs in die gebied is baie swak maar, volgens berigte het die boeregemeenskap almal toegetree en mekaar bygestaan.