Groot Aub wil onder Windhoek uit

Die Plaaslike Ontwikkelingskomitee van die inwoners van Groot Aub hou vanoggend ‘n protesaksie teen Stad Windhoek. Die groep sê Groot Aub is nie gekonsulteer toe hy ingesluit is by Stad Windhoek nie, en meen dat daar geen voordeel vir die gemeenskap daarin is nie omdat die Stad niks vir hulle doen nie. Roberto Dirkse, ‘n lid van die komitee het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…