Groot Aub se mense sê skroothandelaars verkoop gesteelde goedere

Groot Aub-gemeenskapslede wil hê twee skrootwerwe in die gebied moet gesluit word weens die beweerde verkoop van gesteelde huishoudelike items. Die nuus kom na ‘n vergadering tussen inwoners en Nampol na ‘n dispuut ontwikkel het tussen gemeenskapslede en een van die skrootwerwe. Die lede sê gesteelde items soos driebeenpotte, ketels, wasbakke en stowe word daar verkoop het. Die eienaar van een van die skrootwerwe sê hy koop nie gesteelde huishoudelike goedere nie en dat gemeenskapslede probeer om sy reputasie skade te berokken, maar, gemeenskapsleiers sê die aantygings is geregverdig. Jorro Eiseb, ‘n voormalige tradisionele leier sê hy sien baie gesteelde goedere by die besigheidspersele. Daar word gehoop dat die aandag wat die kwessie ontvang het, die bedywighede sal staak.