Groot aanvraag regverdig nog groenwaterstof-aanlegte

Die Namibië Groenwaterstof-program se span is besig met voor-uitvoerbaarheidstudies om nog ‘n groenwaterstof- en -ammoniak produksie-aanleg in die Suide te bou. Navorsing en ontledings word nog gedoen om ‘n geskikte terrein vir die aanleg te bepaal. Die program se webwerf lys tans vyf projekte. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van die plaaslike energie-kenner Harald Schütt, wat sê daar is ‘n groot mark vir groenwaterstof en groenammoniak omdat industriële lande hulle koolstofvoetspoor wil verminder.