Groot aanpassings vir openbare vervoerpermitte

Volgens die jongste regulasies van die Paaie-owerheid sal openbare vervoerpermitte alleenlik uitgereik word as die aansoeker kan bewys hy besit die voertuig. Die permitte sal voortaan ook net geldig wees vir twee jaar. Die owerheid sê verder dat net een permit per aansoeker toegelaat word. Die owerheid het ‘n aanlynstelsel daargestel wat ‘n databasis bevat en dus is beheer nou vergemaklik. Alle houers van openbare vervoerpermitte het vanaf 1 Desember tot 30 Junie volgende jaar  om hulle huidige permitte te hernu op die stelsel sodat die permitte aangepas kan word om net vir twee jaar geldig te wees.