Grondpaaie by Oshakati word hergruis teen N$78,5 miljoen

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het ‘n kontrak vir die hergruis van grondpaaie in die Oshakati-gebied toegeken aan ‘n gesamentlike vennootskap wat bestaan tussen Odjove Trading and Construction en Royal Contractors vir 78,5 miljoen Namibiese dollar. Dit is aansienlik onder die kosteberaming van 99,7 miljoen dollar. Agt maatskappye het volgens die Tender Bulletin vir die projek getender en Odjove en Royal se tender was die laagste.