Grondgrypers weer in Oktober in die hof

Die saak teen die 15 beweerde grondgrypers wat verlede week amok gemaak het net wes van die hoofstad, is tot 21 Oktober uitgestel. Die groep staar verskeie klagtes in die gesig, wat kwaadwillige saakbeskadiging, poging tot brandstigting en meer insluit. Die Spesiale Rewerwemag van die Namibiese polisie moes intree toe die groep gewelddadig geraak het. Die 15 is uit op borg wat wissel van 300 tot 1 000 dollar elk.