Grondgrypers sê hulle gaan aan, Whk-stadsraad stry oor oplossing

Grondgrypers in die hoofstad sê hulle sal voortgaan en nie ophou tot hulle kry wat hulle wil hê nie. Nuus agentskappe berig dat lede van die groep wat steeds in Otjomuise erwe vir hulself afbaken, eis om met die Windhoek burgemeester Job Amupanda te praat. Talle sê hulle het reeds jare gelede aansoek vir ‘n erf gedoen maar, sonder enige sukses. Hulle meen hulle pleeg geen misdaad nie en dat die kwessie ‘n humanitêre een is. Stad Windhoek het vroeër gesê dat die kwessie aandag geniet en ‘n beleid moet opgetrek word. Politiek het intussen tussenbeide getree soos Simon Amunime van die Affirmative Repositioning-beweging wat setels op die stadsraad het, verduidelik.