Grondgrypers eis steeds erwe, handig petisie in

Die groep wat verlede week grond in Otjomuise in die weste van die hoofstad probeer gryp het, het vanoggend ‘n petisie aan Stad Windhoek oorhandig waar hulle erwe eis. Skermutselings het verlede week voorgekom tussen die polisie en die grondgrypers toe strukture wat hulle opgerig het, verwyder is. Die groep sê hulle slaap in tente in die gebied en wil grond hê. Woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, het die jongste aan Kosmos 94.1 Nuus deurgegee.