Grondgrype: Stad Whk sê hy het ‘n plan

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het met owerhede van Stad Windhoek en die Khomas-leierskap vergader oor die onlangse voorvalle van grond in die hoofstad gegryp is. Uutoni het ook ‘n volledige verslag geëis oor presies waar die brandpunte is en ook die stappe wat deur die bestuur van die munisipaliteit geneem is om die kwessie aan te spreek. Hy het aan plaaslike media bevestig dat hy die situasie wil verstaan om dit onder beheer te kry. Intussen het Stad Windhoek gesê grondgrype word nie geduld nie maar, families in werklike nood sal toegelaat word om bestaande informele nedersettings te betree waar daar plek is. In so geval sal ‘n sertifikaat van erkenning van besetting uitgereik word.