Grondbesetting: Stadspolisie sal kom

Stad Windhoek het weer ‘n waarskuwing aan inwoners gerig wat onwettig grond in die hoofstad beset. Die munisipaliteit het gereageer op vrae oor lede van die gemeenskap wat sedert verlede week erwe afbaken in die Thomas Hainyeko kiesafdeling. Die Stad se woordvoerder Harold Akwenye het aan plaaslike media bevestig dat die stadspolisie steeds opdrag het om enige onwettige strukture te verwyder. Die burgemeester Job Amupanda het verlede week gesê dat geen onwettige strukture verwyder mag word sonder dat die stadsraad ingelig is nie. Amupanda verkeer onder toenemende druk met die lewering van grond wat baie stadig vorder, veral met sy rol as leier van die Affirmative Repositioning-beweging.