Grond is die grootste uitdaging vir voldoende behuising

Die behuisingstekort in Namibië sal volgens die ministerie van stedelike ontwikkeling 76 miljard Namibiese dollar benodig om op te los. Intussen is daar talle gemeenskaps inisiatiewe wat vooruit boer om bekostigbare behuising te voorsien vir lae-inkomste huishoudings. Die minister, Erastus Uutoni, het die Shackdwellers Federation of Namibia geloof vir die konsekwentheid van die bou en gebruik van huise regoor die land. Hy sê die federasie is landwyd nommer een vir die bou van duisende huise vir lae-tot-middel-inkomsteverdieners. Anna Miller van die Namibia Housing Action Group, wat nog ‘n inisiatief is vir behuising, sê beskikbare grond is die kwessie.