Groep Windhoekse vriende samel skryfbehoeftes vir leerders in

‘n Groep vriende van Windhoek het die naweek by die Goreangabdam vir ‘n goeie saak byeengekom. Gewoonlik vier die groep vriende hul verjaarsdae deur hul verjaardagkoeke met kinders in skuilings te deel. Vanjaar het die groep vriende besluit om die onderrigroete te gaan. Hulle het skryfbehoeftes en skoolboeke bymekaar gemaak om aan skole te skenk wat dit die meeste nodig het. Een van die vriende, Gabriel Petrus, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle help waar hulle kan en ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die lewens van Namibiese seuns en meisies te help vorm.