Groendraai Laerskool se begroting klop weer

Die Groendraai Laerskool se bedrywighede verloop tans vlot nadat hulle sonder finansiering was en geld van die onderwysministerie ontvang het om hul daaglikse bedrywighede voort te sit. Die skool, sowat 60 kilometer suidwes van Rehoboth, het ongeveer 238 leerders in ‘n gemeenskapskoshuis. Befondsing is verlede jaar gestaak nadat beweerde wanbesteding ontbloot is. Skoolhoof Charlton Rickerts het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hul begroting sal klop tot die einde van die jaar.