Groen-energie – EU mik hoog teen 2030

Volgens ‘n konsep-wysigingswetsontwerp van die Europese Unie se net-zero Bedryfs-wet, moet 40 persent van groen tegnologie wat nodig is om die blok se klimaat- en energieteikens te bereik, teen 2030 binne die EU gemaak word. Dit is in reaksie op die Amerikaanse Wet op Inflasievermindering , wat subsidies aan groentegnologie-vervaardigers bied, asook China se langlopende beleid van ruim staatsondersteuning vir die sektor. Die wet word volgende week bekendgestel. Die EU is tans ‘n netto-invoerder van net-zero-energie-tegnologie.