Groen ekonomie groei in die Kaap

Die Stad Kaapstad sê sy vernuwende vennootskapmodel het tot meer werksgeleenthede en groeipotensiaal in die groen ekonomie gelei. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Geleenthede, James Vos, sê Pathways Cycles, ‘n plaaslike afleweringsonderneming, is ‘n voorbeeld van die groen ekonomie wat momentum kry. Hy verduidelik hulle het kontrakte met verskeie van die groot kitskoshandelsmerke in Suid-Afrika gesluit. Só kan die onderneming 70 afleweraars in diens neem, en weekliks na raming vier nuwes byvoeg: