GRN stil oor shebeen-eise

Shebeen-eienaars het nog nie terugvoering van die Namibiese regering gekry nadat hulle Woensdag as ‘n sperdatum vir terugvoering op hul petisie gegee het nie. In die petisie pleit hulle dat alkohol op hul persele bedien kan word, want hul lewensbestaan is besig om in duie te stort. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, twyfel egter of by shebeens sosiale afstand gehandhaaf word en maskers gedra word. Shebeen-eienaars meen hulle word onregverdig in vergelyking met restaurante, hotelle, casino’s en nagklubs behandel, waar alkohol toegelaat word. Andreas Nuule, president van die Shebeen-vereniging, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.