GRN skuld Air Nam-werkers niks, daar’s nie ‘n verhouding nie

Die Namibiese arbeidsministerie het ‘n aansoek van voormalige Air Namibia werknemers dat die regering hulle uitstaande salarisbetalings moet doen, van die hand gewys. Plaaslike media berig dat David Itana, ‘n arbiter in die arbeidskommissaris se kantoor, bevind het daar is geen werksverhouding tussen die werknemers en die regering nie. In Desember het die redery se likwidateurs, Dave Bruni en Ian McClaren ook gesê werknemers sal nog bietjie moet wag vir finale betalings omdat hulle nog nie genoeg bates verkoop het om die 105 miljoen Namibiese dollar wat aan die 696 werknemers geskuld word, te betaal nie. Die redery skuld die Namibiese Lughawensmaatskappy 700 miljoen dollar en 789 miljoen dollar aan die Ontvanger. Daar is verskeie ander krediteure wat ook op betaling wag.