GRN se stygende skuldvlakke wek groot kommer

Namibië se binnelandse regeringskuld het gedurende November tot 103,1 miljard Namibiese dollar gestyg, volgens die Bank van Namibië se jongste syfers. As ‘n persentasie van die BBP het binnelandse skuld met 0,3 persentasiepunte maand-tot-maand tot 51,9 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom, dr. Mally Likukela, gesels oor die implikasies hiervan.