GRN se regsargumente was beduidend – Swartbooi

Die LPM-party se leier Bernadus Swartbooi het vroeër ‘n perskonferensie gehou na hulle oorwinning vanoggend in die hooggeregshof in hulle appèlsaak teen die speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi se verbod op hulle teenwoordigheid in die kamer. Swartbooi sê die respondente se regsargumente was beduidend.