GRN sal kommunikasie strategie vir Recon ontwikkel

Die Namibiese regering sê hy sal ‘n kommunikasie strategie ontwikkel om fopnuus oor ReconAfrica se bedrywighede in die Kavango-gebied teë te werk. Alle belanghebbendes in die saak, wat tradisionele owerhede en leiers, en gemeenskappe insluit sal in ag geneem word. Die kabinet het verder beslis dat die ministeries van landbou, toerisme en myne en energie kommer oor die uitreik van permitte en meer aanspreek. Die minister van myne en energie Tom Alweendo sê dit is baie belangrik dat die publiek deurtentyd op hoogte met die korrekte inligting gehou word. Die Kanadese maatskappy loop deur onder kritiek van toerisme instellings sowel as omgewingsbewustes oor sy eksplorasie vir olie en gas in die bewaringsgebied en daar is ook kommer oor die besoedeling van waterbronne.