GRN moet ophou met sy pogings tot mikrobestuur van privaatsake

Reaksie word ontvang op berigte dat die PDM-parlementslid Hidipo Hamata van voorneme is om ‘n mosie ter tafel te lê vir die regulering van langafstand-huwelike. Hy sê blykbaar dit sal die welstand van gades verbeter en die heiligheid van die huwelik beskerm. Kenners meen Namibië het baie groter uitdagings en volgens Eben de Klerk, van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavoring, wek die regering se herhaalde pogings tot mikrobestuur, kommer.