GRN moedig Taliban aan om vroueregte te respekteer

Die leier van die amptelike opposisieparty, Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het tydens die parlementsessie aan die minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, gevra wat die posisie van die Namibiese regering teenoor die nuwe regering van Afghanistan is waar vroueregte geskend word. Nandi-Ndaitwah sê Swapo ondersteun die regte van vroue.