GRN gee N$5,8m vir Mosambiek

Namibië het 5,8 miljoen Namibiese dollar aan Mosambiek bewillig in plaas daarvan om soldate na die Cabo Delgado gebied in die land te ontplooi. Rwanda, Botswana en Suid-Afrika het troepe gestuur. Die SAOG-raad se buitengewone beraad het aangekondig dat ongeveer 107 miljoen Namibiese dollar aan die land bewillig is om die insypeling deur gewapende terreurgroepe te beveg. Die SAOG het vroeër voorgestel dat ten minste 3 000 soldate na die gebied ontplooi moet word. Die geweld in die gebied het reeds meer as 825 000 inwoners ontwortel en meer as 2 000 mense is sedert 2017 toe die geweld begin het, dood.