GRN appelleer vandag beslissing in Amupanda se erwe-saak

Die saak waar Job Amupanda, die leier van die Affirmative Reposisioning-beweging, die Namibiese regering en President Hage Geingob dagvaar om 200 000 erwe te diens en beskikbaar te stel oor die volgende 2 jaar, is vandag weer voor regter Orben Sibeya vir ‘n aansoek tot verlof om te appelleer. Die saak sloer reeds ‘n geruime tyd en die regering het ‘n eksepsie gebring waar hy aanvoer dat die eis deur Amupanda vaag is. Dit is van die hand gewys en nou appelleer die regering is beslissing. Amupanda sê die erwe moet beskikbaar gestel word of alternatiewelik sê hy die regering moet verseker dat ‘n totaal van 200 000 erwe gediens en beskikbaar gestel word vanaf 24 Julie 2015, tot op hede. Amupanda het op 24 Julie 2015 met die regering en Geingob ooreengekom dat 200 000 erwe beskikbaar gestel sou word. Volgens hom is ‘n skamele 15 000 erwe landswyd beskikbaar gestel. Die beweging het onlangs die regering daarvan beskuldig dat hy die saak aspris vertraag.