Grenssluitings van SA vlugte het impak op uitvoer van vrugte

Die uitwerking van grenssluitings van Suid-Afrikaanse vlugte weens die nuwe variant van Covid-19 het reeds ‘n invloed op die uitvoer van vrugte uit Suid-Afrika. Freshplaza.com berig met vlugte van Air France wat gekanselleer is, is die uitvoer van lietsjies na Frankryk erg geraak. Frankryk is die grootste invoerder van Suid-Afrikaanse lietsjies in Europa. Hierdie vlugte neem ook bloubessies en kersies na Frankryk. Lugrederye het vir markagente gesê hulle is onseker oor beplande vlugte later die week