Greenwell Matongo-woongebied het daaglikse kragonderbrekings

Stad Windhoek het ‘n kragonderbreking by Boitumelostraat van Greenwell Matongo-woongebied bevestig weens ‘n toename in onwettige elektrisiteits-verbindings. Stad Windhoek se woordvoerder Harold Akwenye het verduidelik dat die gebied die afgelope weke daagliks kragonderbrekings ervaar, weens die hoë onbeplande vraag na kragtoevoer as gevolg van onwettige verbindings. Akwenye het verduidelik dat die gebied van ‘n kragtoevoer van 500 kilowatt gevoed word, maar sedert die winterseisoen het die krag op een van die toevoerders uitgeskakel met ‘n hoë las wat veroorsaak word deur krag-aanvraag, aangesien sommige inwoners hulle tot onwettige verbindings gewend het om toegang tot elektrisiteit te verkry.