Greenpeace vra Ramokgopa vir hernubare energie

Greenpeace Africa het Suid-Afrika se nuwe minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, aangemoedig om die rol te oorweeg wat hernubare energie kan speel om die land se kragkrisis te verlig. Sekere lede van die organisasie het die minister se toespraak op die Energie Indaba wat in Kaapstad plaasvind, ontwrig. Die organisasie se kampvegter, Thandile Chinyavanhu, sê president Cyril Ramaphosa het baie van die groep se voorstelle erken en beklemtoon die belangrikheid daarvan om energie-alternatiewe te ondersoek om beurtkrag te verminder: