Greenpeace bring hergebruik-, hervul-uitdaging

Greenpeace het as deel van die #PlasticFreeJuly-kompetisie Coca-Cola, Pepsi, Nestle en Unilever uitgedaag om op te hou voorgee oor hulle groen-status met mites oor herwinning en te belê in hergebruik- en hervuloplossings. Die organisasie daag die maatskappye uit om te belowe hulle sal teen 2030 ‘n 50 persent hergebruik- en hervulbeleid toepas. Greenpeace sê ‘n wêreldwye verdrag oor plastiek is nader aan ondertekening deur die Verenigde Nasies. Hy sê ‘n sterk globale plastiekverdrag beteken die versekering van ‘n holistiese benadering tot die beëindiging van die plastiekbesoedelingkrisis. Dit sluit in groot handelsmerke wat oorskakel na hervul- en hergebruikstelsels.