Green Revolution: Afrika ervaar grootste lewenskoste-krisis in 21ste eeu

Green Revolution sê stygende voedselpryse gaan maatskaplike onrus en politieke uitdagings veroorsaak. Die Alliance for a Green Revolution in Africa se hoof van beleid en voorspraak, Boaz Keizire, sê beter landbous-trategieë moet op die vasteland aangemoedig word. Keizire het gesê Afrika ervaar die grootste lewenskoste-krisis van die 21ste eeu, met 83 persent van behoeftige huishoudings se inkomste wat aan kos bestee word. Hy sê Afrika-regerings stel voorsieningskettings in vir landbou, saad en kunsmis, om produksie te verhoog.