Gratis water ‘n doring in die vlees

Kort op die hakke van die aankondiging deur die Windhoek burgemeester Sade Gawanas dat die uitstaande skuld vir water tans op 90 miljoen dollar staan maar, die opdrag om water te verskaf ongeag die stand van die kliënt se rekening, is steeds geldig, het Katima Mulilo ook sy stem bygevoeg. Die dorpsraad se hoof uitvoerende beampte Raphael Liswaniso sê die regering skuld die raad 14 miljoen dollar vir die verskaffing van gratis water tydens die pandemie. Die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling het in Maart verlede jaar die opdrag gegee dat water aan alle inwoners moet verskaf word. Volgens Liswaniso het die raad hard gewerk om sy 43 miljoen dollar skuld by NamWater af te betaal en het net 11 miljoen dollar geskuld toe die opdrag gegee is. Windhoek se gratis waterrekening staan tans op 12 miljoen dollar. Talle dorpsrade regoor die land kla oor die opdrag en die NamWater hoof, Abraham Nehemia het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle water sal verskaf aan dorpsrade, maar dis nie gratis nie.