Grant Shapps is nuwe Britse minister van verdediging
Die Britse premier Rishi Sunak het Grant Shapps as sy nuwe minister van verdediging aangestel nadat Ben Wallace verlede maand aangekondig het hy wil padgee. Dit is Shapps se vyfde portefeulje die afgelope jaar, nadat hy reeds ministers van vervoer, binnelandse sake, finansies én energie was. Claire Coutinho neem oor by energie, terwyl haar portefeulje as minister vir kinders deur David Johnston oorgeneem word. Die Liberaal-Demokratiese Pary sê Sunak het die verdedigings-portefeulje aan ‘n ja-broer gegee op ‘n tydstip dat die gewapende magte iemand benodig wat vir hulle opstaan.