Graad een-leerders dood na koekies en sap by spazawinkel gekoop is

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, is verpletter deur die dood van twee graad een-seuns van Soweto. Hulle is Sondag dood nadat hulle na bewering koekies en sap by ʼn spazawinkel gekoop en geëet het. Chiloane se woordvoerder, Xolani Mkhwemte, sê twee graad een-meisies is tans in ʼn bedenklike toestand in Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal. Hy sê hulle het vermoedelik eetgoed van dieselfde spazawinkel geëet: