Graad 11 leerders kan dilpomas by Unam voltooi

Die Universiteit van Namibië het ‘n ommekeer gemaak en hom by beide Nust en die Internasionale Universiteit van Bestuur geskaar met die toelating van graad 11 leerders wat onder die nuwe kurrikulum hul akademiese jaar voltooi het. Sedert 2021 was Unam redelik huiwerig om die leerders toe te laat om aansoek te doen omdat die instansie meen die leerders is nie voldoende voorbereid vir universiteit nie. Die woordvoerder John Haufiku sê die leerders sal toegelaat word in diploma-programme as hulle van vlak drie kwalifikasies beskik. Graad-programme is nie vir die leerders beskikbaar nie.