Google stel nuwe Gmail bekend

Gebruikers moenie skrik as hul Gmail bietjie anders lyk nie. Google het sy nuwe Gmail bekend gestel, wat daarop gemik is om gebruikers se algehele ervaring te verbeter. Volgens die maatskappy, verskil dit nie baie van dit waaraan gebruikers gewoond is nie. Daar is wel ‘n paar veranderinge aan Google-funksies soos Meet, Chat en Spaces wat makliker gemaak is om te gebruik en dit sluit elemente van Google se Material Design 3 in. Die funksies is bygewerk om alles in een kolom te verskyn.