Google staan aborsie-soekers by

Google het aangekondig hy gaan gebruikers se liggingsgeskiedenis verwyder wanneer hulle aborsieklinieke en huishoudelike geweldskuilings in Amerika besoek. Die senior adjunk-president van Google, Jen Fitzpatrick, sê as die stelsels aandui iemand was by een van dié plekke, sal die webtuiste kort na die besoek die inligting uit sy liggingsgeskiedenis verwyder. Die verandering sal in die komende weke aangebring word. Die aankondiging is gedoen nadat die hoogste hof in die VSA ‘n week gelede vroue se grondwetlike reg op aborsie omgekeer het.