Google sê as jy permanent tuiswerk, kry jy minder geld

Google se werknemers wat tydens die pandemie van die huis af begin werk het en besluit het om daarmee voort te gaan, sal moontlik minder verdien. Internasionale nuusagentskappe berig dat dit ‘n toetslopie vir die maatskappy is. Volgens berigte pendel die werknemers nie meer nie en ander het na goedkoper buurte getrek tydens die inperkings wat hulle kostes af bring. Kenners meen dat groot tegnologiese maatskappye soos Facebook en Twitter normaalweg die voorbeeld van Google volg so daar word verwag dat die stap ook by die maatskappye toegepas sal word.