Gondwana se inentingstasie nou ook by die kus

Ná Gondwana Collection Namibia se suksesvolle deurry- en instap-inentingstasie by die Windhoekse skougronde, gaan dieselfde by die kus geïmplementeer word. Vanaf 17 tot 27 Augustus sal ‘n inentingstasie by die Jan Wilken-stadion op Walvisbaai oopmaak en vanaf 31 Augustus tot 10 September op Swakopmund by die rugby-stadion. Die inentingstasies sal Maandae tot Vrydae vanaf tienuur soggens tot ses uur saans oop wees, en Saterdae en op Heldedag tussen tienuur soggens tot twee-uur smiddae. Dit is ‘n inisiatief van Gondwana Care Trust, die Erongo-goewerneur en Seawork Cares onder die vaandel van die Namibiese gesondheidsministerie. Gondwana se handelsmerkbestuurder, Jescey Visagie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.