Gondwana neem Am Weinberg oor

Die Am Weinberg Hotel in Windhoek sal vanaf 1 Februarie deel vorm van die Gondwana Collection Namibia se lys van verblyf aanbiedinge. Volgens Inke Stoldt, was dit nog altyd ‘n droom om ‘n hotel in die hoofstad te besit. Sy voeg by dat dit voortaan as The Weinberg bekend staan.