Goewerneur van Kavango-Oos ondersteun ReconAfrica

In ‘n advertensie van ReconAfrica wat dié Kanadese gas- en oliemaatskappy in plaaslike media gepubliseer het, ondersteun die goewerneur van Kavango-Oos, Bonifasius Wakudumo, Recon-Africa. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus sy ondersteuning bevestig. Wakudumo sê God het Namibië met ryk natuurlik hulpbronne geseën waarvan party ondergronds is. Hy sê die geskikte beleggers het om eksplorasie te doen om te sien wat onder die grond is wat ekonomies goed vir die land en veral die Kavango-streek sal wees.