Goewerneur stem saam met Calle oor groen skemas

Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek stem saam met die landbouminister Calle Schlettwein dat sake daadwerklik reggeruk moet word met groen skemas in die noordooste van die land. Daar is vroeër aangekondig dat die regering die skemas vir uitkontrakteer omdat Schlettwein meen streeksrade wat polities verkies is, kan nie groen skemas bestuur nie. Bonifasius Wakudumo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.