Goewerneur sê repatriasie van Angolese vorder goed

Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, is ‘n verligte man nadat die Angolese regering besig is om sy burgers te repatrieer. Die Angolese burgers het ná ‘n erge droogte in hul land na Namibië gevlug het om nie van honger om te kom nie. Endjala het vroeër vandeesweek aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy sal die Angolese in hul repatriasieproses vergesel om seker te maak hulle word goed behandel. He het bevestig dat die proses seepglad verloop en deel daarvan is.