Goewerneur gesels oor prysstygings en die impak op grondvlak

Die goewerneur in die Kavango Oos, een van die armste streke in die land, Bonifatius Wakudumo, sê Namibiërs op grondvlak ervaar die impak van die oorlog in die Oekraïne. Dit het gelei tot stygende voedsel-, brandstof en kommoditeitspryse, wat toegang tot voedsel aan kwesbare gemeenskappe in Namibië beïnvloed. Meer as 60 persent van Namibië se voedsel word jaarliks ingevoer. Wakudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe erg die stygende pryse Namibiërs raak.