Goeie vooruitsigte vir witmielies

Witmielies is een van Namibië se stapelvoedselgewasse vir menslike gebruik. Vanweë die goeie reën het Namibië 66 641 ton witmielies gedurende 2020 geoes, terwyl ’n soortgelyke oes vir 2021 verwag word. Witmielieprodusente dra sowat 338 miljoen Namibiese dollar by tot die ekonomie, met plaaslike produksie wat invoer deels vervang. Om te diversifiseer en ’n groter bydrae moontlik te maak, is die sektor tans besig met ’n opwindende en spelveranderende inisiatief. Dit sal weer lei tot verhoogde indiensneming en die totale waarde en bydrae van die sektor tot Namibië se algehele ekonomie verhoog. Gilbert Mulonda, bestuurder van akkerbou en tuinbou in die Namibiese Akkerbouraad, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die vooruitsigte vir 2021.

Op die vraag of Namibië genoeg witmielies produseer om uit te voer, het Mulonda die volgende gesê.