Goeie Namibiese tafeldruiwe-oes voorspel

Die Namibiese tafeldruiwe-seisoen het begin met die oes wat ingesamel is en die eerste kartonne gehalte-druiwe wat vir die buitelandse mark verpak word. Volgens Kobus Bothma van Capespan Namibia het produsente by Aussenkehr langs die Oranjerivier in die 2021-22-seison 7,5 miljoen kartonne tafeldruiwe van 4,5 kilogram elk bemark. Die vooruitsigte vir vanjaar is dat meer tafeldruiwe geoes gaan word. Die oesskatting vir die 2022-23 seisoen is 8,6 miljoen kartonne. Namibiese tafeldruiwe word na Europa, die Midde- en Verre-Ooste en Amerika uitgevoer. Namibië voer nog nie tafeldruiwe na China uit nie.