Goeie geleenthede in Wes-Kaapse eiendomsmark

Hoewel sommige beleggers weens Covid-19 hulle beleggings tydelik teruggehou het, is daar nou goeie geleenthede in die Wes-Kaapse eiendomsmark. Dit is belangrik om konsekwent en gefokus te wees en te hou by ‘n beleggingstrategie. Dit is die siening van die stigter van SA Property Investor Network, Andrew Walker. Hy sê die bedryf het tydens die pandemie nie baie geleenthede gehad om beleggers van aangesig tot aangesig te ontmoet nie, maar bemoedigende neigings het tydens die pandemie na vore gekom.