Goedkoop eiers kelder plaaslike bedryf

Die hoenderbedryf, met spesiale klem op eierprodusente het tans groot uitdagings as gevolg van uiters goedkoop invoere wat volgens berigte in groot hoeveelhede ingevoer word. Die Namibiese Landbou-unie sê dit belemmer die volhoubaarheid van die plaaslike industrie en skep ook ‘n plaaslike surplus vir produsente. In die langtermyn kan dit ook veroorsaak dat plaaslike eierboere die bedryf verlaat, nes met die melkprodusente gebeur het. Die unie sê dringende matreëls ter ondersteuning van die produsente is nodig.